
Fed verlaag rentekoers, maar ver van teiken oor Trump-tariewe
Loading player...
Die Amerikaanse Federale Reserwebank het sy rentekoers vir die derde keer vanjaar verlaag. Die sentrale bank se Federale Opemark-komitee het sy riglyn-rentekoers met 25 basispunte besnoei en plaas dit in die omgewing van 3,50 tot 3,75-persent, te midde van die verhoogde inflasiekoers in die ekonomie en 'n verswakte arbeidsmark. Die voorsitter van die Federale Reserwebank, Jerome Powell, sê die huidige verbysteek van die sentrale bank se 2 persent inflasieteiken is hoofsaaklik die gevolg van president Trump se verhoging van invoerbelasting:

