Fed verlaag rentekoers, maar ver van teiken oor Trump-tariewe

Loading player...
Die Amerikaanse Federale Reserwebank het sy rentekoers vir die derde keer vanjaar verlaag. Die sentrale bank se Federale Opemark-komitee het sy riglyn-rentekoers met 25 basispunte besnoei en plaas dit in die omgewing van 3,50 tot 3,75-persent, te midde van die verhoogde inflasiekoers in die ekonomie en 'n verswakte arbeidsmark. Die voorsitter van die Federale Reserwebank, Jerome Powell, sê die huidige verbysteek van die sentrale bank se 2 persent inflasieteiken is hoofsaaklik die gevolg van president Trump se verhoging van invoerbelasting:
11 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA teken daling in verstekvonnis-aansoeke aan, maar...

Statistieke Suid-Afrika sê die jongste data oor siviele sake vir skuld toon gemengde tendense. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 2,5-persent gedaal in die drie maande tot Februarie in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse vir skuld het egter met 1,9-persent toegeneem. Vhonani…
24 Apr 1AM 1 min

Chennai behaal grootste oorwinning in IPL teen Mumbai

Die Chennai Super Kings is vyfde op die Indiese Premierliga se punteleer ná ʼn oortuigende oorwinning van 103 lopies oor die Mumbai Indians. Dis hul grootste punteverskil ooit in die kompetisie. Sanju Samson het ʼn onoorwonne 101 van 54 balle behaal en bygedra tot die Super Kings se telling van…
24 Apr 1AM 1 min

Jou werk kan jou doodmaak, ILO sê 840 000 sterf jaarliks

Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie sterf meer as 840 000 mense elke jaar aan gesondheidstoestande wat verband hou met psigososiale risiko's, soos lang werkure, werk onsekerheid en teistering in die werkplek. Arbeidskundige Herbert Jauch beskryf dit as kommerwekkend en waarsku dat werkverwante psigososiale risiko's dikwels lei tot kardiovaskulêre siektes en geestesversteurings,…
24 Apr 12AM 1 min

FlyNamibia kap terug

FlyNamibia het reageer op vervoerminister Veikko Nekundi wat beveel het dat vliegkaartjies op die Windhoek-Ondangwa-roete verlaag moet word, en sê pryse word deur vraag en aanbod sowel as stygende bedryfskoste gedryf. Volgens die lugdiens is sowat 67 persent van die koste buite hul beheer, insluitend hoë brandstofpryse weens die monopolie…
24 Apr 12AM 1 min

Blokkade van seestraat, dreigende geweld maak markte senuagtig

Ekonome waarsku dat die kombinasie van 'n onbepaalde wapenstilstandverlenging in die Midde-Ooste en voortdurende maritieme konflik 'n wisselvallige omgewing vir globale markte skep. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê terwyl die diplomatieke pouse aanvanklik verligting vir aandele verskaf het, dryf die volgehoue Amerikaanse…
24 Apr 12AM 1 min