
SAKP gekant teen afskaffing van dubbele lidmaatskap
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty waarsku hy sal enige poging om dubbele SAKP- en ANC-lidmaatskap af te skaf, teenstaan. Dit volg nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee dubbele lidmaatskap verwerp het omdat die SAKP onafhanklik aan verkiesings wil deelneem. SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê enige poging om dubbele lidmaatskap te ondermyn sal die politieke raamwerk wat die nasionale hervormingsprojek bymekaar hou, fundamenteel verander:

