SA-owerhede moet klopjagte uitvoer teen ontwettige busbestuurders

Loading player...
Die African Unite Borders Bus Trucks Association doen 'n beroep op wetstoepassers om streng op te tree teen onwettige busbestuurders wat mense se lewens in gevaar stel. Die bestuurskomitee van die vereniging berei voor vir die feestyd spitsverkeer met verhoogde veiligheidsmaatreëls en tegnologie om onwettige oorgrens-kruisings en smokkelhandel te bestry. Mukhwathi Phumudzo van die vereniging sê bus- en vragmotorbestuurders moet hul voertuie se toestand nagaan, uitputting bestuur en verkeersreëls gehoorsaam:
11 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA teken daling in verstekvonnis-aansoeke aan, maar...

Statistieke Suid-Afrika sê die jongste data oor siviele sake vir skuld toon gemengde tendense. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 2,5-persent gedaal in die drie maande tot Februarie in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse vir skuld het egter met 1,9-persent toegeneem. Vhonani…
24 Apr 1AM 1 min

Chennai behaal grootste oorwinning in IPL teen Mumbai

Die Chennai Super Kings is vyfde op die Indiese Premierliga se punteleer ná ʼn oortuigende oorwinning van 103 lopies oor die Mumbai Indians. Dis hul grootste punteverskil ooit in die kompetisie. Sanju Samson het ʼn onoorwonne 101 van 54 balle behaal en bygedra tot die Super Kings se telling van…
24 Apr 1AM 1 min

Jou werk kan jou doodmaak, ILO sê 840 000 sterf jaarliks

Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie sterf meer as 840 000 mense elke jaar aan gesondheidstoestande wat verband hou met psigososiale risiko's, soos lang werkure, werk onsekerheid en teistering in die werkplek. Arbeidskundige Herbert Jauch beskryf dit as kommerwekkend en waarsku dat werkverwante psigososiale risiko's dikwels lei tot kardiovaskulêre siektes en geestesversteurings,…
24 Apr 12AM 1 min

FlyNamibia kap terug

FlyNamibia het reageer op vervoerminister Veikko Nekundi wat beveel het dat vliegkaartjies op die Windhoek-Ondangwa-roete verlaag moet word, en sê pryse word deur vraag en aanbod sowel as stygende bedryfskoste gedryf. Volgens die lugdiens is sowat 67 persent van die koste buite hul beheer, insluitend hoë brandstofpryse weens die monopolie…
24 Apr 12AM 1 min

Blokkade van seestraat, dreigende geweld maak markte senuagtig

Ekonome waarsku dat die kombinasie van 'n onbepaalde wapenstilstandverlenging in die Midde-Ooste en voortdurende maritieme konflik 'n wisselvallige omgewing vir globale markte skep. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê terwyl die diplomatieke pouse aanvanklik verligting vir aandele verskaf het, dryf die volgehoue Amerikaanse…
24 Apr 12AM 1 min