NamPower se verhoging maak verbruikers warm onder die kraag

Loading player...
NamPower se tariefverhogingsversoek van 8,4 persent word deur die Elektrisiteitsbeheerraad hersien, en verskillende standpunte word geopper. Shaun Gariseb van die Katutura Rate Payers Association het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat die verskuiwing van die koste na die eindgebruikers nie NamPower se finansiële probleme sal oplos nie. Hy sê NamPower en die reguleerder moet maniere vind om plaaslike elektrisiteitsproduksie te verhoog.
19 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Gru-ongeluk in Katutura

Copps 94.1, in samewerking met die stadspolisie, moes Vrydagaand bontstaan toe ‘n ernstige ongeluk in die hoofstad plaasgevind het. Buiten vir dié voorval, was die res van die aand relatief rustig met slegs voorstaandienste en ‘n enkele geval van huismoles. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op die toneel en…
20 Jun 12AM 1 min

El Niño ontwikkel sterk, landbou moet voorberei

El Niño ontwikkel sterk, met ’n meer as 60 persent kans dat dit in ’n Super El Niño kan ontwikkel teen die komende somerseisoen. Dit is wat weerkenner Johan van den Berg voorspel. Die verskynsel bring tipies aansienlik warmer en droër toestande mee, wat ernstige bedreigings inhou vir droëland landbou,…
19 Jun 11AM 1 min

Ernstige misdaad in Gauteng wek kommer: DA

Die DA in Gauteng sê talle gemeenskappe loop steeds deur onder ʼn kommerwekkende toename in ernstige misdaad, ondanks ʼn algemene afname in sekere belangrike kategorieë in die vierde kwartaal van die huidige boekjaar. Dit sluit in ontvoering, vragmotorkapings, voertuig-verwante misdaad en seksuele oortredings. Woordvoerder Crezane Bosch sê premier Panyaza Lesufi…
19 Jun 11AM 1 min

Landbou in Afrika is Namibië se nr. 1 prioriteit: NNN

Tydens haar besoek aan Ghana het president Netumbo Nandi-Ndaitwah die Namibiese gemeenskap en sakegemeenskap betrek. Die president het Namibië se toeganklikheid en toewyding tot die smee van strategiese vennootskappe om die Afrika-vryhandelsgebied te bevorder beklemtoon en gesê dat landbou 'n spesifieke beleggingsgebied is waarin Namibië belangstel.
19 Jun 10AM 1 min