Donderdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
LUKAS 4
Die versoeking van Jesus
(Matt. 4:1-11; Mark. 1:12-13)
1Jesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom, en deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei, 2waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is. Die hele tyd het Hy niks geëet nie, sodat Hy aan die einde daarvan honger was.
3Die duiwel sê toe vir Hom: “As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood word.”
4Maar Jesus antwoord hom: “Daar is geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie. ”
5Daarna bring die duiwel Hom op 'n hoogte en wys Hom in 'n oogwink al die koninkryke van die wêreld. 6Toe sê die duiwel vir Hom: “Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 7Dit sal alles aan U behoort as U maar net voor my buig en my aanbid.”
8Daarop antwoord Jesus: “Daar staan geskrywe:
“Die Here jou God moet jy aanbid
en Hom alleen dien. ”
9Hierna neem die duiwel Hom na Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan, en sê: 10“As U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe:
“Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm,
11“en ook:
“Op hulle hande sal hulle jou dra
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. ”
12Maar Jesus antwoord hom: “Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie. ”
13Nadat die duiwel met al die versoekings klaar was, het hy Jesus 'n tyd lank met rus gelaat.
Jesus in Galilea
(Matt. 4:12-17; Mark. 1:14-15)
14Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei.
19 Mar 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 SAMUEL 9 Dawid neem Mefiboset onder sy sorg 1Op 'n dag het Dawid gevra: “Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan.” 2Hulle het toe vir Siba, 'n amptenaar van Saul se hofhouding,…
10 Aug 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 11 1Jefta was 'n seun van Gilead. Hy was 'n dapper soldaat. Sy ma was 'n prostituut, maar sy pa was Gilead. 2Gilead se vrou het ook vir hom seuns in die wêreld gebring, en toe hulle grootword, het hulle vir Jefta weggejaag en vir hom gesê: “Jy mag…
11 Aug 2AM 12 min

Sondagaand Erediens - Past Franko van der Vlies

ROMEINE 12 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
9 Aug 1PM 27 min

Sondagoggend Erediens - Past Franko van der Vlies

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
9 Aug 3AM 29 min

Saterdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

1 KORINTIËRS 15 58Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.
8 Aug 2AM 17 min