Die Vryheidsfront Plus sê die landbousektor wag om te sien of die voorgestelde leierskapsverandering in die landbouministerie 'n verbetering gaan wees. Die party sê berigte dat die voormalige DA-leier en minister van Landbou, John Steenhuisen, moontlik met Willie Aucamp vervang kan word, het die sektor in onsekerheid gedompel. Wynand Boshoff…
Amerikaanse president Donald Trump waarsku dat die Iran-ooreenkoms, wat Vrydag formeel in Switserland onderteken gaan word, nie finaal is nie. Hy het aan joernaliste by die G7-beraad in Frankryk gesê Amerika kan aanvalle hervat as die Iranese hulself nie gedra nie. Luister self.
Padsterftes in die Erongo-streek het met 32 persent toegeneem in die eerste ses maande van 2026, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is deur Erongo-goewerneur Nathalia |Goagoses tydens haar streeksrede aangekondig. |Goagoses sê dringende ingrypings en wetgewing teen onder andere roekelose bestuur is nodig om lewens te red.
Justisieminister Wise Immanuel sê daar is tans geen formele proses aan die gang om poligamie in Namibië te wettig nie. Dit kom nadat AR-parlementslid George Kambala die minister versoek het om die regering se standpunt oor die kwessie te verduidelik, en poligamie as 'n onderwerp van groeiende openbare belangstelling beskryf…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.