Brittanje sê Rusland se duikbote het spioeneer

Loading player...
Die Verenigde Koninkryk se minister van Verdediging, John Healey, beskuldig Rusland dat hy die Iran-oorlog gebruik om vyandelike aktiwiteite teen Europa uit te voer. Dit volg nadat Brittanje, Noorweë en ander lande gereageer het op die afgelope weke se toenemende Russiese aktiwiteit in die Noord-Atlantiese Oseaan. Healey sê tydens die maand lange operasie is drie Russiese duikbote opgespoor wat probeer het om belangrike ondersese infrastruktuur in die Noord-Atlantiese Oseaan waar te neem. Hy sê hulle het gekeer dat die vaartuie “onderduimse” operasies uitvoer:
10 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA verwelkom hofuitspraak oor uitsaairegulasies

Die DA het die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom waarvolgens sleutelaspekte van Okosa se verkiesingsuitsaairegulasies ongrondwetlik en onwettig verklaar is. Ashor Sarupen van die DA sê die hof het verligting toegestaan deur 'n dringende meganisme te skep vir geskille oor politieke advertensies en partyverkiesingsuitsendings wat afgekeur is. Hy…
16 Aug 2AM 1 min

Kariba-tragedie: Afrika-leiers moet sorg vir veilige infrastruktuur

Die African Unite Borders Bus Trucks Association doen 'n beroep op Afrika-leiers om in te gryp na die Karibameer-veerboottragedie in Zimbabwe. Vier-en-veertig mense is dood toe 'n oorlaaide veerboot Dinsdag naby Long Island omgeslaan het, met baie mense wat steeds vermis word. Die voorsitter van die vereniging, Mukhwathi Phumudzo, sê…
16 Aug 2AM 1 min

'Afskeepkos vir gevangenes 'n skending van menseregte'

Voormalige ombudsman John Walters sê die voortdurende versuim om gevangenes betyds van volledige maaltye te voorsien, is 'n herhaalde menseregteskending wat die regering jare gelede belowe het om op te los. In reaksie op onlangse klagtes van gevangenes en bevindinge van die Ombudsman se Kantoor, het Walters bevestig dat vorige…
16 Aug 1AM 1 min

SAOG moet stryd teen honger versterk

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gevra om die stryd teen honger te versterk. Die minister het in sy afsluitingsrede tydens die vergadering van die SAOG-ministersraad in Durban, KwaZulu-Natal, die vordering geloof wat Tanzanië, Zambië, Zimbabwe en Namibië gemaak het in hul pogings…
16 Aug 12AM 1 min