Nicholas Mukasa aangestel as BoN adjunk-goewerneur

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Nicholas Mukasa as die tweede adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië aangestel, met ingang van 1 Mei. Hy vervang Ebson Uanguta wat as goewerneur aangestel is en sal by Leonie Dunn in die rol aansluit. Mukasa sal 'n sentrale rol speel om die goewerneur te ondersteun in die vorming van die sentrale bank se strategiese rigting. Die bank se woordvoerder, Naufiku Hamunime:
10 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-Tshwane metropolisiehoof ontken tender-korrupsie

Die Tshwane-metropolisie se adjunkhoof, Umashi Dlamini, sê hy het geweier om die geskorste sersant van Gauteng se Georganiseerde Misdaadeenheid, Fannie Nkosi, by te staan met tenderaansoeke vir sy broer weens 'n belangebotsing. Hy het voor die Madlanga-kommissie bevestig daar was 'n langdurige verhouding met Nkosi, maar ontken besprekings rondom stadsverwante…
10 Apr 9AM 1 min

Epstein-slagoffers moet in Kongres getuig: Melania Trump

Die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, het die Kongres gevra vir ʼn openbare verhoor om beëdigde verklarings aan te hoor van die ontslape seksoortreder Jeffrey Epstein se slagoffers. Talle slagoffers van Epstein en sy medepligtige, Ghislaine Maxwell, het in September verlede jaar die Huis se oorsigkomitee gevra om die oortreders aanspreeklik…
10 Apr 9AM 1 min

Wat het Cyril geweet oor Phala Phala: ActionSA

ActionSA het die volledige verslag van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat bekom oor die gedrag van lede van die Presidensiële Beskermingseenheid in die nasleep van die Phala Phala-skandaal. Daar is bevind 'n ondersoek deur die eenheid se hoof, Wally Rhoode, na die diefstal van miljoene Amerikaanse dollar van president Cyril Ramaphosa se…
10 Apr 8AM 1 min

Onderhandelinge tussen VSA en Iran, Israel en Libanon sal sukkel

Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy het ingestem tot onderhandelinge met die Libanese regering. Die gesprekke sal volgende week in Washington plaasvind, terwyl die VSA en Iran in Pakistan sal ontmoet. Paul Salem, senior genoot van die Midde-Oosterse Instituut, sê gesprekke tussen die twee lande sal moeilik wees.
10 Apr 6AM 1 min