IPC skop steeds vas teen petroleum-wetsontwerp

Loading player...
Die IPC skop steeds vas teen die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Petroleum wat olie- en gasbeheer onder die president se kantoor sal sentraliseer. Partypresident Panduleni Itula sê, ten spyte van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ontkenning, dui haar seuns se sakebande met Nasan Energies se medestigter, Miguel Hamutenya, daarop dat die eerste familie daarby sal baat. Hy het vanoggend tydens 'n perskonferensie gereageer op die 2026 staatsrede.
10 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Afskeepkos vir gevangenes 'n skending van menseregte'

Voormalige ombudsman John Walters sê die voortdurende versuim om gevangenes betyds van volledige maaltye te voorsien, is 'n herhaalde menseregteskending wat die regering jare gelede belowe het om op te los. In reaksie op onlangse klagtes van gevangenes en bevindinge van die Ombudsman se Kantoor, het Walters bevestig dat vorige…
16 Aug 1AM 1 min

SAOG moet stryd teen honger versterk

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gevra om die stryd teen honger te versterk. Die minister het in sy afsluitingsrede tydens die vergadering van die SAOG-ministersraad in Durban, KwaZulu-Natal, die vordering geloof wat Tanzanië, Zambië, Zimbabwe en Namibië gemaak het in hul pogings…
16 Aug 12AM 1 min

Bulle het geleentheid teen All Blacks: Ackerman

Rugbynuus word oorheers deur vandag se wedstryd tussen die Blou Bulle en die All Blacks op Loftus Versfeld in Pretoria. Dit is die derde wedstryd in die All Blacks se Suid-Afrikaanse “Rugby's Greatest Rivalry”-toer, en dien as 'n opwarming voordat Nieu-Seeland teen die Springbokke speel. Die Bulle se hoofafrigter, Johan…
15 Aug 6AM 1 min

Trump-beleid nie negatief vir Namibië: Koedoe Eksteen

Voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Namibië, dr. Riaan Eksteen, het beklemtoon dat die Amerikaanse president Donald Trump se benadering tot buitelandse beleid nie negatief vir Namibië is nie. Dit is tensy Namibië beleide volg en aksies neem wat teen die VSA se nasionale belang sou wees, veral met betrekking tot Kuba…
15 Aug 6AM 1 min