Israel se ambassadeur in die Verenigde Nasies, Danny Danon, verwerp die standpunt dat nedersettings 'n struikelblok vir vrede is. Die VN se Veiligheidsraad is bekommerd oor toenemende setlaarsgeweld, die sloop van geboue en die ontworteling van Palestynse burgerlikes in die besette Wesoewer. Alle Israelse nedersettings word volgens internasionale reg as…
Die Nasionale Dobbelraad maan landsburgers om hul huishoudelike finansies te beskerm en versigtig te wees wanneer hulle dobbel. Volgens Ou Mutual se jongste spaar- en beleggingsmonitor dobbel 53-persent werkende Suid-Afrikaners, terwyl 42-persent sê hulle dobbel dikwels om uitgawes of skuld te dek. Sportweddenskappe is die algemeenste dobbelgewoonte, gevolg deur slotmasjiene…
Die Madlanga-kommissie gaan strafregtelike klagte lê teen die Noordwes-sakeman Suliman Carrim, nadat hy weer afwesig was. Hy is die eerste getuie wat verwys word na die Nasionale Vervolgingsgesag. Sy getuienis is sedert April reeds vyf keer uitgestel en sy regsverteenwoordigers voer sy mediese toestand as rede aan. Getuienisleiers het sy…
'n Opgrawings- en repatriasieprogram is tans in Kaapstad aan die gang om die oorskot van voormalige Namibiese Robbeneiland-gevangenes Simon Niilenge en Festus Nehale terug te besorg. Die direkteur van Nasionale Erfenis en Kultuur, Manfred !Gaeb, 'n senior lid van die afvaardiging, sê hul oorskot, insluitend ander voorvaderlike oorskot, sal aan…
Die DA doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Toerismeraad om die voortslepende saak waarby die geskorste uitvoerende hoof, Nombulelo Guliwe, betrokke is, vinnig af te handel. Guliwe het 2,3-miljoen Suid-Afrikaanse rand se salaris en voordele ontvang terwyl sy sedert Augustus verlede jaar tot op hede voorlopig geskors is. Haseena Ismail…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.