Castro-klagtes: Amerikaners kan nie net lukraak aangeval word nie

Loading player...
Meer inligting is bekend oor die Amerikaanse regering wat die voormalige Kubaanse president, Raúl Castro, en vyf ander aangekla het. Dit hou verband met die 94-jarige Castro se vermeende aandeel in die bevel om in 1996 twee burgerlike vliegtuie van die Kubaans-Amerikaanse groep, Brothers to the Rescue, af te skiet. Die waarnemende prokureur-generaal, Todd Blanche, sê nasies en hul leiers kan nie Amerikaners teiken sonder om verantwoording te doen nie:
21 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonoom sê oor Iran, Hormuz, olie, en herstel

Dinge is onduidelik in die Midde-Ooste. Amerikaanse president Donald Trump praat van ‘n ooreenkoms wat moontlik binnekort in Europa onderteken kan word terwyl Teheran sy aanmerkings as bespiegeling beskryf. Maar, selfs al word die Straat van Hormuz oopgemaak in die komende dae, sal olie nog ‘n tydjie neem om te…
12 Jun 3AM 1 min

Buitelanders moet seker maak hulle het papiere - Schreiber

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê buitelandse burgers moet seker maak hulle het geldige visums of wettige magtiging om in Suid-Afrika te wees, aangesien immigrasiewette steeds streng toegepas word. Dit volg na die repatriasie van 586 Nigeriese burgers wat onwettig in die land was. Alle betrokke individue is…
12 Jun 3AM 1 min

Kommer oor vertraging in vrystelling van SA se waterplan

AfriForum sê die vertraging met die vrystelling van die nasionale wateraksieplan toon die regering se traagheid om op te tree terwyl die waterkrisis voortduur. Die organisasie beweer die plan is volgens berigte gefinaliseer en is selfs in die Parlement voorgelê, maar steeds nie bekend gemaak nie. Marais de Vaal van…
12 Jun 3AM 1 min

Bokkamp het baie beserings maar dis nie die einde van die wêreld nie

Die Springbokafrigter Rassie Erasmus sê ten spyte van 'n aansienlike beseringslys en die hele Bulle-span wat nie beskikbaar is nie, het hulle meer as genoeg spelers om van te kies vir die 2026-seisoen. Die Bokke begin aftel na die begin van 'n uitputtende reeks van 14 wedstryde wat strek van…
12 Jun 3AM 1 min

Groenwaterstof draai sy visier op sentrale gemeenskappe

Namibië is besig om sy Sektorale Transformasie-beleggingsplan voor te berei onder die Klimaatbeleggingsfonds se Nywerheidsdekarboniseringsprogram, wat daarop gemik is om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in konsessie-klimaatfinansiering te ontsluit. Jona Musheko, woordvoerder van die Namibiese Groenwaterstofprogram, het aan Kosmos 94.1 gesê dat deel van die voorbereiding gemeenskappe behels waarin groen…
12 Jun 2AM 1 min