Geen verlenging van kommentaar op fluitjieblaser-wet nie

Loading player...
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die tydperk vir openbare kommentaar oor die Wetsontwerp op Beskermde Openbaarmakings sal nie verleng word nie. Burgerlike organisasies het uitstel gevra weens ernstige tekortkominge in die wetsontwerp en beperkte openbare bewustheid. Die wetsontwerp wil Suid-Afrika se fluitjieblaser-beskermingsraamwerk hersien deur beter veiligheidsmaatreëls, duideliker aanmelding-prosedures en finansiële aansporing vir mense wat oortredings ontbloot. Die departement se woordvoerder, Palesa Rammitlwa, sê hulle het baie kommentaar ontvang:
22 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie

Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en…
18 Oct 11PM 1 min

Huldeblyke stroom in vir wyle Penehupifo Pohamba

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar innige meegevoel met oudpresident Hifikepunye Pohamba, sy familie en naasbestaandes, asook die Namibiese nasies uitgespreek na voormalige eerste dame Penehupifo Pohamba Saterdag in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek oorlede is. Sy was 78 jaar oud. Die minister in die presidensie, Charles Mubita, het namens Nandi-Ndaitwah…
18 Oct 6AM 1 min

NNN vertrek op staatsbesoek na Angola

Namibië en Angola is gereed om hul jarelange verhouding na 'n hoër vlak te neem, met president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanadg tot Dinsdag 'n staatsbesoek aan Luanda sal aflê. Dit sal die eerste sitting van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie wees, waar die twee lande se presidente samewerking sal versterk oor…
18 Oct 5AM 1 min