
Heerlike week wat voorlê in die weer
Loading player...
Namibiërs kan uitsien na aangename winterweer, aangesien meestal sonnige tot helder lug oor die land heers. Dagtemperature sal na verwagting tot 'n gemaklike 30 grade Celsius styg, terwyl oornagse laagtepunte tot ongeveer 8 grade kan daal. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se voorspeller, Albertina Anderson, gepraat.

