Die vakbond Giwusa is bekommerd oor 'n daling van 0,8-persent in die vervaardigingsektor in die eerste kwartaal van vanjaar. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, sê elke persentasiepunt-daling in vervaardiging lei regstreeks tot werkverliese in voorsieningskettings, vervoer, groothandel, instandhouding, veiligheid, skoonmaakdienste en spyseniering. Hy sê die daling van 0,8-persent in…
President Donald Trump sê Iran het te lank geneem om 'n ooreenkoms te onderhandel en sal nou die prys moet betaal. Dit volg nadat die twee mekaar aangeval het nadat 'n Amerikaanse helikopter vroeër hierdie week afgeskiet is. Die Amerikaanse weermag het Iranse lugverdediging, grondbeheerstasies en radarterreine geteiken. In vergeldingsaanvalle…
Die parlement het kommer uitgespreek oor die groeiende aantal aangeneemde mosies wat steeds nie geïmplementeer is nie. PDM-parlementslid Diederik Vries het vanmiddag aan die Nasionale Vergadering gesê dat verskeie mosies wat sedert 2020 deur die parlement goedgekeur is, verdwyn het in wat hy 'n administratiewe stilte noem. Vries eis nou…
Hokkie: Suid-Afrika wil sy tuisveldvoordeel ten volle inspan in môre se FIH-Nasiesbeker-openingswedstryd teen Frankryk in Kaapstad. Suid-Afrika het vier jaar gelede die heel eerste toernooi gewen, maar Nieu-Seeland het daarna oorheers en opeenvolgende toernooie gewen. Nege spanne sal sake uitspook vir ʼn plek in die FIH-Pro-liga. Suid-Afrika se kaptein, Dayaan…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.