Onwettige migrasie moet beheer word - Ramaphosa

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê onwettige migrasie, indien dit nie beheer word nie, hou 'n risiko in vir Suid-Afrika se veiligheid, bestendigheid en ekonomiese vooruitgang. Hy het gister die nasie toegespreek oor die regering se benadering tot onwettige migrasie en die onlangse toename in protesoptogte teen buitelandse burgers. Ramaphosa sê die regering erken die uitdagings wat burgers in die gesig staar, insluitend hoë vlakke van werkloosheid, armoede en onvoldoende toegang tot geleenthede. Hy sê frustrasie kan maklik gerig word op diegene wat as mededingers vir werk en hulpbronne beskou word:
8 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Madlanga hoor van R2,5 miljoen moord op Bevan Loftus

Die pa van die vermoorde KwaZulu-Natalse taxi- en insleepdiens-eienaar Bevan Loftus, Gregory, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy seun het weggekruip nadat hy gehoor het die polisie-offisier Deena Govender wil hom laat doodmaak. Een van sy mededingers, Clive Nica, het Govender na bewering 2,5-miljoen Suid-Afrikaanse rand aangebied vir die moord…
13 Aug 11AM 1 min

Visserye-minister rig korrupsie-waarskuwing

Die minister van visserye, Inge Zaamwani, het amptenare gewaarsku teen begunstiging by die toekenning van visvangregte en -kwotas. Sy het opnuut klem gelê op die ministerie se pogings om maatreëls te verskerp wat korrupsie in Namibië se visserysektor moet voorkom, en het gepleit vir streng beheer en deursigtigheid. Sy het…
13 Aug 11AM 1 min

Junior-hokkiespanne haal uit en wys in Zimbabwe

Namibië se junior nasionale hokkiespanne neem tans deel aan die vierde Zimbabwe Junior Hokkiereeks, wat vandag begin het en tot 17 Augustus duur. Dit is Suider-Afrika se voorste jeughokkietoernooi, waaraan 590 spelers in 32 spanne van Zimbabwe, Namibië, Zambië, Botswana, Eswatini en Suid-Afrika deelneem. Die seuns- en meisiespanne ding mee…
13 Aug 10AM 1 min

El Niño ontwikkel vinnig na 'super'

El Niño ontwikkel steeds, met die Niño 3.4-streek, wat Suider-Afrika insluit, wat vinnig ontwikkel in 'n super El Niño. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê daar is nou meer as ooit geen twyfel dat uiterste weerstoestande vir die streek op pad is nie. In 'n gesprek met AMT gee…
13 Aug 10AM 1 min