MUN se belggings presteer, dividende aan lede uitbetaal

Loading player...
Die Mynwerkersunie van Namibië vier die groei van sy beleggingsportefeulje tot meer as 900 miljoen Namibiese dollar, en sê dat die mylpaal tasbare voordele vir sy lede lewer. Die vakbond se bates word bestuur deur die Namibia Mineworkers Trust, Namitvest, en die Namibia Mineworkers Investment Holding Company, Nammic. Sekretaris-generaal George Ampweya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die vakbond se missie verder strek as kollektiewe bedinging en arbeidsverteenwoordiging, met beleggings wat help om die lewens van werkers te verbeter en gemeenskappe te ondersteun.
8 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Madlanga hoor van R2,5 miljoen moord op Bevan Loftus

Die pa van die vermoorde KwaZulu-Natalse taxi- en insleepdiens-eienaar Bevan Loftus, Gregory, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy seun het weggekruip nadat hy gehoor het die polisie-offisier Deena Govender wil hom laat doodmaak. Een van sy mededingers, Clive Nica, het Govender na bewering 2,5-miljoen Suid-Afrikaanse rand aangebied vir die moord…
13 Aug 11AM 1 min

Visserye-minister rig korrupsie-waarskuwing

Die minister van visserye, Inge Zaamwani, het amptenare gewaarsku teen begunstiging by die toekenning van visvangregte en -kwotas. Sy het opnuut klem gelê op die ministerie se pogings om maatreëls te verskerp wat korrupsie in Namibië se visserysektor moet voorkom, en het gepleit vir streng beheer en deursigtigheid. Sy het…
13 Aug 11AM 1 min

Junior-hokkiespanne haal uit en wys in Zimbabwe

Namibië se junior nasionale hokkiespanne neem tans deel aan die vierde Zimbabwe Junior Hokkiereeks, wat vandag begin het en tot 17 Augustus duur. Dit is Suider-Afrika se voorste jeughokkietoernooi, waaraan 590 spelers in 32 spanne van Zimbabwe, Namibië, Zambië, Botswana, Eswatini en Suid-Afrika deelneem. Die seuns- en meisiespanne ding mee…
13 Aug 10AM 1 min

El Niño ontwikkel vinnig na 'super'

El Niño ontwikkel steeds, met die Niño 3.4-streek, wat Suider-Afrika insluit, wat vinnig ontwikkel in 'n super El Niño. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê daar is nou meer as ooit geen twyfel dat uiterste weerstoestande vir die streek op pad is nie. In 'n gesprek met AMT gee…
13 Aug 10AM 1 min