
Keetmans-inwoners betoog oor burgemeester se verwydering
Loading player...
Spanning neem toe in Keetmanshoop met inwoners wat vanoggend die strate ingevaar het om te betoog teen die verwydering van voormalige burgemeester Melody Swartbooi. Dit kom na die LPM Vrydag Swartbooi as verteenwoordiger op die dorpsraad onttrek het, wat haar effektief as burgemeester verwyder het. Kosmos 94.1 Nuus het met LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa gepraat, wat sê 'n nuwe burgemeester is nog nie aangestel nie en dat die party sal beraadslaag oor die pad vorentoe.

