
Gerekenariseerde leerlinglisensietoetse begin op Okahandja
Loading player...
Die regering het 26,2 miljoen Namibiese dollar belê om leerlinglisensietoetse te rekenariseer en 'n digitale besprekings- en betalingsstelsel in te stel, wat by al 43 NaTIS-sentrums reg oor die land uitgerol sal word. Vervoerminister Veikko Nekundi het die stelsel vandag amptelik by die Okahandja NaTIS-sentrum bekendgestel, waar dit die afgelope twee weke getoets is.

