
Hou op skiet en maak die Straat van Hormuz oop - EU
Loading player...
Die Europese Unie waarsku dat die terugkeer na ʼn volskaalse oorlog in die Midde-Ooste ʼn geweldige uitwerking op die hele streek sal hê. Iran en Israel het mekaar aangeval in die ergste voorvalle van geweld sedert die skietstilstand in April ingestel is. Die EU-hoof van buitelandse beleid, Kaja Kallas, sê die onmiddellike prioriteit is om gevegte te staak, die Straat van Hormuz te heropen en die tyd gebruik om langer te beraadslaag oor moeilike kwessies soos kernkrag:

