
Ontplooiingstrategie van Wes-Kaapse polisie moet hersien word
Loading player...
Die DA in die Wes-Kaap vra 'n hersiening van polisie-ontplooiingsstrategieë ná die noodlottige skietery van drie mans in Philippi-Oos. Die party voer aan die polisie se padversperrings en deur-tot-deur-operasies is ondoeltreffend sonder betroubare misdaadintelligensie en behoorlike samewerking. Die DA-lid, Benedicta van Minnen, sê polisie-operasies teiken dikwels nie misdaadnetwerke nie en ontwrig nie bende-bedrywighede nie, ten spyte van hulpbronne wat reeds oorbelas is:

