
Midde-Ooste: Guterres vra partye moet hulself terughou
Loading player...
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, is bekommerd oor hernieude aanvalle in die Midde-Ooste. Iran het Sondag missiele op Israel afgevuur uit vergelding vir 'n aanval op die Libanese hoofstad, Beiroet. Israel het Maandagoggend reageer met teenaanvalle op Iranse militêre teikens. Dit is die eerste gevegte tussen die twee lande sedert 'n skietstilstand in April gesluit is. Die adjunkwoordvoerder van die VN, Farhan Haq, sê alle partye word gevra om hulself te weerhou van enige optrede wat 'n reeds onbestendige situasie verder kan aanwakker:

