
Telecom kry nog 'n vennoot vir vesel-oorskakeling
Loading player...
Telecom Namibia versnel die uitbreiding van sy veselnetwerk deur nog 'n strategiese vennootskap, hierdie keer met Lightstruck Limited. Die vyfjaarooreenkoms volg op 'n soortgelyke ooreenkoms wat verlede week met Demshi Investment Holdings onderteken is en vorm deel van die maatskappy se strewe om konnektiwiteit te verbeter terwyl die volgehoue uitdaging van koperdiefstal en netwerkvandalisme aangepak word. Kosmos 94.1 Nuus het met Lightstruck se bemarkingsbestuurder, Elizette Nujoma-Kaiyamo, gepraat.

