
VSA gaan Iran binne 2 weke algeheel oorwin: Trump
Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hulle gaan binne die volgende twee weke ʼn algehele oorwinning oor Iran verklaar. Hy het herhaaldelik gesê hy verwag die konflik sal binnekort eindig, maar dit het tot toenemende spanning gelei. Trump het ook telkens gewaarsku militêre optrede sal verskerp indien Teheran nie instem tot ʼn ooreenkoms nie. Hy sê Iran is gewillig om aan eise te voldoen, insluitend om nie kernwapens te hê nie:

