
Kwessie van Angolese kinders moe benader word vir hulle welstand
Loading player...
Die kwessie van Angolese kinders wat op plaaslike strate houtkunsvlyt verkoop en bedel, bly in die nuus. Terwyl Stad Windhoek 'n mosie aanvaar het om die beste maniere te ondersoek om die situasie aan te spreek, glo Civic 264 dat die probleem benader moet word met die kinders se sosiale welstand en regte voorop. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se direkteur, Ethne Mudge gepraat.

