
Namibiese piesangs op die rakke na 2,5t oes
Loading player...
Namibië se eerste kommersieel gekweekte piesangs is nou te koop, na 'n geskiedkundige oes van 2,5 ton van die Etunda-piesangproefprojek in die Omusati-streek. Die deurbraak kom terwyl die land jaarliks sowat 70 miljoen Namibiese dollar bestee aan die invoer van meer as 7 000 ton piesangs. Die projek word gelei deur die Namibiese Akkerbouraad en die plaaslike landbou-oplossingsmaatskappy, AvaGro. Emilie Abraham, die hoof van tuinbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

