
Dis tyd vir 'Kat, Koek en Koffie' by die DBV
Loading player...
Junie is die maand van kat-aannemings en die Windhoek Dierebeskermingsvereniging hou môre 'n geteikende aannemingsveldtog. Die "Kat, Koek & Koffie"-inisiatief sal môremiddag by die DBV in Robert Mugabe-rylaan plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se direkteur van bedrywighede, Sylvia Breitenstein, gepraat wat sê die inisiatief is daarop gemik om kapasiteitsdruk te verlig terwyl ouer diere by gesinne gevestig word.

