
Kommer oor daling in vervaardiging in SA
Loading player...
Die vakbond Giwusa is bekommerd oor 'n daling van 0,8-persent in die vervaardigingsektor in die eerste kwartaal van vanjaar. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, sê elke persentasiepunt-daling in vervaardiging lei regstreeks tot werkverliese in voorsieningskettings, vervoer, groothandel, instandhouding, veiligheid, skoonmaakdienste en spyseniering. Hy sê die daling van 0,8-persent in 'n enkele kwartaal, wat oor jare voortduur, het reeds tot die verlies van honderde-duisende nywerheidsposte gelei:

