Guterres lui alarm oor Midde-Ooste

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku oor die gevolge van toenemende geweld in die Midde-Ooste en vra volle ondersteuning vir ʼn tweestaat-oplossing. Vredesonderhandelinge tussen Amerika en Iran het tans ʼn dooiepunt bereik terwyl onlangse aanvalle dreig om die vordering wat reeds gemaak is, te ontspoor. Guterres het die Veiligheidsraad toegespreek en gewaarsku die skietstilstand tussen Amerika en Iran bly onseker en beskryf dit as “meer soos ʼn kleiner vuur”:
11 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Naretu beding mooi by Plastic Packaging

Na vorige dooiepunte oor werknemersvoordele en lone het Plastic Packaging en die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsunie suksesvol prosedurele en loonooreenkomste onderteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbond se Petersen Kambinda gepraat, wat sê dat die bereiking van loonbelyning vir werkers 'n groot oorwinning was.
11 Jun 3AM 1 min

Outa sê studenteverblyf moet gekeur word

Outa sê die ouditeur-generaal se inspeksie van studenteverblyf wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente befonds word, moet nie net probleme identifiseer nie, maar ook gebruik word om toesig te versterk en die stelsel te verbeter. Die organisasie sê studenteverblyf moet behoorlik gekeur word, veilig wees en ten volle…
11 Jun 3AM 1 min

Bouvertroueindeks in SA daal

Die Bouvertroueindeks van die FNB Buro vir Ekonomiese Navorsing, toon Suid-Afrika se konstruksiesektor was in die tweede kwartaal van 2026 meer pessimisties, en het van 42 in die vorige kwartaal tot 38 gedaal. Die FNB-ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê die afname hou verband met swakker bouaktiwiteit, laer winsgewendheid en stygende koste,…
11 Jun 2AM 1 min

Uitgelekte epos wys hoe amptenaar vir boere met BKS lag

AfriForum is ontstel nadat 'n uitgelekde epos wys hoe 'n senioramptenaar in die Departement van Landbou boere spot wat tydens die bek-en-klouseer-uitbreking om hulp vra. Die burgerregte-organisasie sê die regering was te stadig om op te tree en hou te veel beheer oor entstowwe. Lambert de Klerk van AfriForum wil…
11 Jun 1AM 1 min

PG-werwing nou kontroversieel

Die werwingsproses om Namibië se volgende aanklaer-generaal aan te stel, is in kontroversie gedompel na bewerings van kandidate dat die Regterlike Dienskommissie hulle getoets het op materiaal wat heeltemal verskil van die verskafde onderhoudsomvang. Dit volgens Namibian Sun. Dus het die kommissie besluit om die werwingsproses oor te beginVan die…
11 Jun 1AM 1 min