Inflasie klim weer, nou op 4,1%

Loading player...
Lewenskostes bly styg in Namibië. Die jongste syfers van die Namibiese Statistieke-agentskap toon dat die jaarlikse inflasiekoers in Mei tot 4,1 persent gestyg het, teenoor 3,1 persent in April en 2,1 persent in Maart. Vervoer het in Mei 11,5 persent bygedra. Sonale inflasie het ook baie gewissel met Khomas wat 5,4 persent aangeteken het. Mirjam Shihepo van die agentskap:
11 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso reageer op N$247m aan Nsfaf

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het die regering se toewysing van 247 miljoen Namibiese dollar aan Nsfaf vir uitstaande nie-onderrigbetalings verwelkom, maar sê die stap moet gepaard gaan met blywende hervormings. Woordvoerder Jessy Abraham sê hoewel studente bemoedig word deur die verskuiwing na daaglikse uitbetalings, bly die organisasie bekommerd oor herhalende…
11 Jun 6AM 1 min

Namcor het regeringswaarborg gevra daarom kry Vitol kontrak

Energieminister Modestus Amutse het in die parlement weereens die regering se besluit verdedig om Vitol as die enigste brandstofverskaffer vir 'n tydperk van drie maande aan te stel. Hy sê dat sommige maatskappye, insluitend die staatsbeheerde Namcor, regeringswaarborge gevra het wat die owerhede nie bereid was om te verskaf nie…
11 Jun 6AM 1 min

Kommer oor indiening van verslae deur plaaslike owerhede

Die kantoor van die ouditeur-generaal het kommer uitgespreek oor die toenemende versuim deur dorps-, stads- en streekrade om finansiële verslae in te dien. Tydens die Interne Ouditbewustheidsdag wat deur die Bank van Namibië aangebied is, sê die direkteur van die aanwasgebaseerde ouditdirektoraat, Blessing Nyandoro, dat die nie-indiening van finansiële state…
11 Jun 6AM 1 min

Nigeriërs wat gerepatrieer is was almal ongedokumenteer

Die Departement van Binnelandse Sake sê nie een van die 268 Nigeriese burgers wat Woensdagaand uit die land gesit is, was wettig in Suid-Afrika nie. Sowat ʼn duisend Nigeriërs het geregistreer om voor teenmigrante-groepe se sperdatum van 30 Junie gerepatrieer te word, en 500 het goedkeuring gekry. Van die 500…
11 Jun 5AM 1 min

Lamola waarsku oor waninligting rakende xenofobie

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê hy erken onlangse spanning oor buitelanders het Suid-Afrika se verhoudings in Afrika geraak, maar waarsku teen waninligting. Volgens berigte uit Ghana is twee Nigeriërs dood en 15 Ghanese in die hospitaal opgeneem nadat hulle tydens onlangse betogings teen buitelanders aangerand…
11 Jun 4AM 1 min