
Bokkamp het baie beserings maar dis nie die einde van die wêreld nie
Loading player...
Die Springbokafrigter Rassie Erasmus sê ten spyte van 'n aansienlike beseringslys en die hele Bulle-span wat nie beskikbaar is nie, het hulle meer as genoeg spelers om van te kies vir die 2026-seisoen. Die Bokke begin aftel na die begin van 'n uitputtende reeks van 14 wedstryde wat strek van volgende naweek se Barbarians-stryd in Gqeberha tot hul laaste toets in November teen Ierland in Dublin. Erasmus het bekend gemaak RG Snyman en Kwagga Smith is vir die res van die jaar buite aksie:

