
Kommer oor vertraging in vrystelling van SA se waterplan
Loading player...
AfriForum sê die vertraging met die vrystelling van die nasionale wateraksieplan toon die regering se traagheid om op te tree terwyl die waterkrisis voortduur. Die organisasie beweer die plan is volgens berigte gefinaliseer en is selfs in die Parlement voorgelê, maar steeds nie bekend gemaak nie. Marais de Vaal van AfriForum sê die vertraging ondermyn die openbare vertroue en toon 'n mislukking om planne te implementeer ten spyte van maatreëls oor instandhouding, aanspreeklikheid en anti-korrupsie:

