Ekonoom sê oor Iran, Hormuz, olie, en herstel

Loading player...
Dinge is onduidelik in die Midde-Ooste. Amerikaanse president Donald Trump praat van ‘n ooreenkoms wat moontlik binnekort in Europa onderteken kan word terwyl Teheran sy aanmerkings as bespiegeling beskryf. Maar, selfs al word die Straat van Hormuz oopgemaak in die komende dae, sal olie nog ‘n tydjie neem om te herstel. Ekonoom Dawie Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
12 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Minister moet duidelikheid gee oor Namibia Air

'n Mosie is in die Nasionale Vergadering ingedien wat die herintegrasie van sommige van die meer as 600 voormalige Air Namibia-werknemers in die beplande nuwe nasionale lugredery, Namibia Air, versoek. Parlementslid Tuhafeni Hangula het die mosie ingedien en die regering versoek om elke moontlike stap te doen om die werkers…
12 Jun 5AM 1 min

Epstein-slagoffers wil nie vir Todd Blanche hê nie

Slagoffers van Jeffrey Epstein staan president Donald Trump se nominasie van Todd Blanche as prokureur-generaal in die VSA teen. Hulle voer aan hy was deel van vergaderings in die Withuis oor hoe om die skade vir die Trump-administrasie rakende die Epstein-lêers, te beperk. Een so slagoffer, Liz Stein het met…
12 Jun 5AM 1 min

Buitelanders moet seker maak hulle het papiere - Schreiber

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê buitelandse burgers moet seker maak hulle het geldige visums of wettige magtiging om in Suid-Afrika te wees, aangesien immigrasiewette steeds streng toegepas word. Dit volg na die repatriasie van 586 Nigeriese burgers wat onwettig in die land was. Alle betrokke individue is…
12 Jun 3AM 1 min

Kommer oor vertraging in vrystelling van SA se waterplan

AfriForum sê die vertraging met die vrystelling van die nasionale wateraksieplan toon die regering se traagheid om op te tree terwyl die waterkrisis voortduur. Die organisasie beweer die plan is volgens berigte gefinaliseer en is selfs in die Parlement voorgelê, maar steeds nie bekend gemaak nie. Marais de Vaal van…
12 Jun 3AM 1 min

Bokkamp het baie beserings maar dis nie die einde van die wêreld nie

Die Springbokafrigter Rassie Erasmus sê ten spyte van 'n aansienlike beseringslys en die hele Bulle-span wat nie beskikbaar is nie, het hulle meer as genoeg spelers om van te kies vir die 2026-seisoen. Die Bokke begin aftel na die begin van 'n uitputtende reeks van 14 wedstryde wat strek van…
12 Jun 3AM 1 min