Koue tref die Suide van vandag

Loading player...
Koue weer sal die naweek voorkom in die Suide wat ligte reënbuie en sterk winde sal meebring. Die Namibiese Meteorologiese Diens sê toestande sal merkbaar verskil van die warm weervoorspelling vir die noorde. Weervoorspeller Albertina Anderson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
12 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SARB sê finansiële stelsel bly veerkragtig ten spyte van Midde-Ooste

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die land se finansiële stelsel bly oor die algemeen veerkragtig, ten spyte van meer uitdagende finansiële toestande en monetêre beleid weens die oorlog in die Midde-Ooste. Die Reserwebank se jongste halfjaarlikse verslag oor finansiële stabiliteit sê die land is meer blootgestel aan wisselvallige kapitaalvloei omdat buitelandse…
12 Jun 6AM 1 min

VSA verdedig besluit oor Somaliese skeidsregter

Na hy onder skoot gekom het vir die weiering van ‘n visum vir die Somaliese skeidsregter Omar Artan, het die Amerikaanse minister van binnelandse sekuriteit, Markwayne Mullins, hulle besluit verdedig maar geen besonderhede gegee nie. Daar is vroeër berig Artan is deur Amerikaanse owerhede verbind met wat hulle as ‘bad…
12 Jun 6AM 1 min

Eise dat Amutse brandstofooreenkoms in NV ter tafel lê

Die IPC eis dat die regering sy eksklusiewe grootmaatbrandstofooreenkoms met Vitol onmiddellik ter tafel lê. Dit volg op 'n gespanne parlementêre sitting waar die energieminister Modestus Amutse erken het dat 'n goedkoper bod van Namcor gediskwalifiseer is bloot oor 'n regeringswaarborg, wat na bewering belastingbetalers 114 miljoen Namibiese dollar per…
12 Jun 5AM 1 min

Inflasie en ons afhanklikheid van invoere

Met inflasie wat in Mei tot 4,1 persent gestyg het vanaf 3,1 persent die vorige maand, voel Namibiese verbruikers die druk van hoër voedselpryse. Vrugte kos nou 12,4 persent meer, groente is 4,9 persent hoër, en vleis het met 3,5 persent gestyg. Landboukenner Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus…
12 Jun 5AM 1 min

Minister moet duidelikheid gee oor Namibia Air

'n Mosie is in die Nasionale Vergadering ingedien wat die herintegrasie van sommige van die meer as 600 voormalige Air Namibia-werknemers in die beplande nuwe nasionale lugredery, Namibia Air, versoek. Parlementslid Tuhafeni Hangula het die mosie ingedien en die regering versoek om elke moontlike stap te doen om die werkers…
12 Jun 5AM 1 min