
SARB sê finansiële stelsel bly veerkragtig ten spyte van Midde-Ooste
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die land se finansiële stelsel bly oor die algemeen veerkragtig, ten spyte van meer uitdagende finansiële toestande en monetêre beleid weens die oorlog in die Midde-Ooste. Die Reserwebank se jongste halfjaarlikse verslag oor finansiële stabiliteit sê die land is meer blootgestel aan wisselvallige kapitaalvloei omdat buitelandse beleggers plaaslike bates verkoop om veilige belegging-bestemmings te soek. Die bank se president, Lesetja Kganyago, sê die olieprys-skok sal na verwagting steeds druk plaas op inflasie:

