Rampherstel-toelaes aan provinsies ruk SA se sak

Loading player...
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê provinsies beleef voortdurend druk weens rampe, klimaatsverandering en infrastruktuur-agterstande. Hy sê daar is 2,161-miljard Suid-Afrikaanse rand se rampherstel-toelaes aan 92 munisipaliteite toegeken, en 191,16-miljoen-rand deur die rampreaksie-toelaag aan 16 munisipaliteite. Hlabisa sê bykomende toekennings van 151-miljoen-rand aan provinsies en 203-miljoen-rand aan munisipaliteite word tans afgehandel:
12 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vitol se 3-maande brandstofverskaffing die regte besluit: Namcor

Sowat twee weke nadat die regering die wêreldwye energiehandelaar Vitol as Namibië se enigste grootmaat-petroleumverskaffer van Julie tot September aangekondig het, verdedig Namcor die besluit. Namcor beskryf dit as 'n kommersieel voordelige reëling wat brandstofsekerheid sal versterk en verkrygingskoste sal verminder. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho sê die ooreenkoms kom op 'n…
12 Jun 10AM 1 min

De Beers-belang 'kan Namibië tot groot voordeel strek'

Die regering se plan om 'n belang in De Beers te verkry, wek beide optimisme en kommer. Daar word gesê dat 'n belegging van tot 3 miljard Namibiese dollar in De Beers oorweeg word, via 'n gesamentlike onderneming met Botswana en Angola. Ondersteuners voer aan dat dit Namibië se vastrapplek…
12 Jun 10AM 1 min

Planne vir Ekoka-skema besproeiing vorder fluks

Die landbouministerie beplan om die nuwe 140-hektaar Ekoka-groenskema in die Ohangwena-streek, wat tans op reënwater staatmaak, in 'n volwaardige besproeiingskema te omskep. Vir die huidige boekjaar sluit planne die konstruksie en instandhouding van besproeiingsinfrastruktuur en die verkryging van saad, chemikalieë en kunsmis vir die somergewasseseisoen in. Woordvoerder van die ministerie,…
12 Jun 9AM 1 min

Vereniging woedend oor R50 miljoen huur vir ongebruikte gebou

Die Vereniging van Staatsamptenare is woedend oor berigte dat die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sowat 50-miljoen Suid-Afrikaanse rand gaan betaal vir ʼn huurooreenkoms van ʼn gebou in Pretoria wat nooit gebruik is nie. ʼn Woordvoerder, Claude Naicker, sê dit verteenwoordig ernstige versuim wat bestuur, aanspreeklikheid en finansiële bestuur…
12 Jun 8AM 1 min

Engelse Krieketraad oorweeg alkoholverbod vir mans-span

Krieket: Die besturende direkteur van Engeland en Wallis se Krieketraad, Rob Key, sê hulle oorweeg om ʼn totale alkoholverbod vir mans-spelers in te stel terwyl hulle vir die nasionale span speel. Dit volg nadat Engeland se kaptein, Ben Stokes en bouler Gus Atkinson ondersoek word na ʼn voorval Maandag in…
12 Jun 8AM 1 min