Russel hoop sy Catalunya GP is beter as twee voriges

Loading player...
Motorsport: George Russell van Mercedes sê hy hoop om sy onlangse terugslae die naweek in die Catalunya Grand Prix in Barcelona om te keer. Hy het weens 'n tegniese probleem geen punte in Kanada aangeteken nie, en ook nie in Monaco nie ná 'n laat deurry-straf. Russell het 'n agterstand van 68 punte op die bestuurderskampioenskap-punteleer teenoor sy spanmaat Kimi Antonelli. Russell hoop op 'n normale wedren in Barcelona:
12 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitvoerbok-toetse vertraag, prys val meer as 50%

Daar is ‘n erge vertraging in die toetsing van bokke vir uitvoer op-die-hoef na Suid-Afrika, ‘n kritieke bron van inkomste, ook vir kleiner boere. Daar word beweer dat vertragings in die nodige bees-tuberkulose en Brusellose toetse tot vier weke duur en bokpryse het intussen met meer as 50 persent gedaal…
12 Jun 11AM 1 min

Swakopmund gaan begin water afsny oor uitstaande skuld

Inwoners van Swakopmund se Matutura- en Mondesa- woonbuurte word versoek om uitstaande munisipale rekeninge te vereffen, aangesien die munisipaliteit gereed maak om volgende week met waterontkoppelings te begin. Die ontkoppelings, gerig op agterstallige rekeninge, sal van Maandag, 15 Junie tot Donderdag, 18 Junie uitgevoer word. Munisipaliteitwoordvoerder Linda Mupupa sê dit…
12 Jun 10AM 1 min

Vitol se 3-maande brandstofverskaffing die regte besluit: Namcor

Sowat twee weke nadat die regering die wêreldwye energiehandelaar Vitol as Namibië se enigste grootmaat-petroleumverskaffer van Julie tot September aangekondig het, verdedig Namcor die besluit. Namcor beskryf dit as 'n kommersieel voordelige reëling wat brandstofsekerheid sal versterk en verkrygingskoste sal verminder. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho sê die ooreenkoms kom op 'n…
12 Jun 10AM 1 min

De Beers-belang 'kan Namibië tot groot voordeel strek'

Die regering se plan om 'n belang in De Beers te verkry, wek beide optimisme en kommer. Daar word gesê dat 'n belegging van tot 3 miljard Namibiese dollar in De Beers oorweeg word, via 'n gesamentlike onderneming met Botswana en Angola. Ondersteuners voer aan dat dit Namibië se vastrapplek…
12 Jun 10AM 1 min