
Namcor verdedig Vitol-besluit
Loading player...
Namcor het sy besluit verdedig om 'n regeringswaarborg te soek voordat hulle hulle verbind het om brandstof vir drie maande aan die land te verskaf. Dit het daartoe gelei dat die regering Vitol eerder as die voorkeurverskaffer aangestel het. Namcor se kommunikasiespesialis, Utaara Hoveka, sê voortdurende bedryfskapitaalbeperkings het sy posisie beïnvloed, terwyl die maatskappy steeds gefokus is op 'n ommekeerstrategie wat daarop gemik is om bestuur, operasionele doeltreffendheid en finansiële stabiliteit te verbeter.

