Obama twyfel of Trump-ooreenkoms syne van 2015 kan oortref

Loading player...
Die gewese Amerikaanse president, Barack Obama, twyfel of enige ooreenkoms tussen sy land en Iran beduidend anders of 'n verbetering sal wees op 2015 se gesamentlike omvattende kernooreenkoms. President Donald Trump het dit in sy eerste termyn opgeskort. Washington en Teheran het 'n vredesooreenkoms bereik, insluitend die heropening van die Seestraat van Hormuz en die beëindiging van Amerika se versperring van Iranse hawens. Obama hoop steeds die ooreenkoms sal slaag:
15 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Amushelelo soek afdwinging van minimumloon

Toenemende nie-nakoming van die nasionale minimumloon het skerp kritiek van vakbondlede en amptenare ontlok, met die kleinhandelsektor as 'n top-oortreder. Tydens 'n parlementêre assessering in die Zambezi-streek het arbeidsinspekteur Richard Mushaukwa wydverspreide loonskendings bevestig. Die aktivis Michael Amushelelo waarsku dat minimumloonbeleide nutteloos is sonder streng afdwinging, en eis 'n onmiddellike…
13 Aug 10AM 1 min

Gendev-bestuur, raad moet vervang word: IPC-streekvoorsitter

Meer as 600 werkers van Gendev Fishing Group kamp al vir sowat 20 dae buite die maatskappy se perseel in Walvisbaai weens 'n onopgeloste loongeskil. Die geskil handel oor werkers se basiese salarisse en 'n voorstel deur die maatskappy om slegs 70 persent van die ooreengekome salaris te betaal wanneer…
13 Aug 10AM 1 min

Banyana in maak-of-breek Wêreldbeker-uitspeelstryd

Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle sal alles moet uithaal in vanaand se wedstryd teen hulle aartsvyand, Nigerië, in Marokko. Die wenner sal deurdring na FIFA se Tussenkonfederasie-uitspeelwedstryde en is steeds in tel vir 'n plek in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Brasilië. Albei kon nie daarin…
13 Aug 9AM 1 min

Maasbanker-operateurs het nie saamgesweer: NaCC

Die Namibiese Mededingingskommissie het groot maasbanker-operateurs vrygespreek van mededingingsbeperkende praktyke ná twee afsonderlike ondersoeke na prysvasstelling, en misbruik van 'n dominante markposisie. Daar was bewerings dat dominante visvangmaatskappye saamgespan het om die kwota-gebruiksfooie, wat aan regtehouers sonder vaartuie betaal word, af te dwing. Die kommissie het egter geen bewyse van…
13 Aug 9AM 1 min

Spring met Gas-wet, beleggings is nodig: Cosatu

Die vakverbond Cosatu sê die Gas-wetsontwerp bied ʼn beweegrede en welkome wetgewende raamwerk om ʼn noodsaaklike energiebedryf te ontsluit wat baie werksgeleenthede sal bied. Sodra die wetsontwerp bekragtig word, vervang dit die Gas-wet wat die bedryf sedert 2001 reguleer, met ʼn nuwe raamwerk wat gebiede soos vloeibare aardgas, gas-infrastruktuur, beleggings,…
13 Aug 8AM 1 min