As Iran-VSA verstandhouding hou, kan herstel tot nege maande neem

Loading player...
Reaksie word ontvang oor oliepryse wat vanoggend tot die laagste vlak sedert Maart gedaal het nadat die Amerikaanse president Donald Trump en Iran se adjunkminister van buitelandse sake, Kazem Gharibabadi, gesê het dat hulle 'n aanvanklike ooreenkoms bereik het om die oorlog te beëindig en verkeer deur die Straat van Hormuz te hervat. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat wat sê die feit dat Brent met 4 persent gedaal het en nou rondom 83 Amerikaanse dollar per vat verhandel, is 'n goeie aanduiding, maar dat dit tot nege maande sal duur voordat pryse normaliseer.
15 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se grense word versterk, migrasie word beheer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering ignoreer nie immigrasie-kwessies nie, maar is stewig in beheer van die uitdagings. Die tussen-ministeriële komitee op Migrasie, wat president Cyril Ramaphosa gestig het, gee besonderhede oor maatreëls om migrasie-uitdagings te pak te midde van voortgesette betogings teen onwettige…
15 Jun 6AM 1 min

Jauch publiseer boek oor vakbonde, politiek en Namibiese werkers

Die bekende arbeidsdeskundige Herbert Jauch het sy nuutste boek, “Workers, Trade Unions and Politics in Namibia”, bekendgestel. Dit ondersoek hoe werkers georganiseer en uitbuiting teengestaan het ondanks die verbod en onderdrukking van vakbonde voor die 1980's, en ondersoek die rol wat vakbonde in die stryd om onafhanklikheid gespeel het. In…
15 Jun 6AM 1 min

Groot koue, reën en stormsterk winde op pad

Daar kom baie groot, en vreemde nat koue die week in die land. Weerkenner George van der Merwe sê ‘n sisteem is besig om te ontwikkel en in plaas daarvan dat hy reën vir die Noord- en Wes-Kaap bring, beweeg hy noordwaarts en sal teen Dinsdagmiddag net Suid van Lüderitz…
15 Jun 6AM 1 min