Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle sal alles moet uithaal in vanaand se wedstryd teen hulle aartsvyand, Nigerië, in Marokko. Die wenner sal deurdring na FIFA se Tussenkonfederasie-uitspeelwedstryde en is steeds in tel vir 'n plek in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Brasilië. Albei kon nie daarin…
Die Namibiese Mededingingskommissie het groot maasbanker-operateurs vrygespreek van mededingingsbeperkende praktyke ná twee afsonderlike ondersoeke na prysvasstelling, en misbruik van 'n dominante markposisie. Daar was bewerings dat dominante visvangmaatskappye saamgespan het om die kwota-gebruiksfooie, wat aan regtehouers sonder vaartuie betaal word, af te dwing. Die kommissie het egter geen bewyse van…
Die vakverbond Cosatu sê die Gas-wetsontwerp bied ʼn beweegrede en welkome wetgewende raamwerk om ʼn noodsaaklike energiebedryf te ontsluit wat baie werksgeleenthede sal bied. Sodra die wetsontwerp bekragtig word, vervang dit die Gas-wet wat die bedryf sedert 2001 reguleer, met ʼn nuwe raamwerk wat gebiede soos vloeibare aardgas, gas-infrastruktuur, beleggings,…
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het 'n verhoging van 5 persent in ongeskiktheidsinkomstevoordele vir kwalifiserende lede goedgekeur, wat teruggedateer is na 1 April. Fondswoordvoerder Katrina Sikeni sê die aanpassing volg op die implementering van 'n salarisverhoging van 5 persent vir staatsdienswerknemers.
Die waarnemende nasionale polisie-kommissaris, Puleng Dimpane, het bykomende spesialis-bystand ontplooi vir die reddings-, herstel- en ondersoekoperasies in 'n ongebruikte myn in Nkaneng in Rustenburg, Noordwes. Veertien liggame van vermeende onwettige mynwerkers is Dinsdag uitgehaal nadat die wande van die skag ingetuimel het. Agt oorlewendes is gered. Woordvoerder Nonkululeko Phokane sê…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.