
Maak entrepreneurskap jou loopbaan: Ballotti
Loading player...
Die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, doen 'n beroep op Namibiërs om entrepreneurskap as 'n primêre loopbaanpad te aanvaar eerder as 'n tweede opsie of iets om op terug te val. Ballotti het tydens Nust se Innovasie- en Entrepreneurskapsweek gesê dat baie gegradueerdes na universiteit uitdagings ondervind omdat hulle staatmaak op die verkryging van formele werk, ten spyte van beperkte werksgeleenthede. Hy sê hierdie denkwyse moet verander.

