Almal, ook privaatsektor, moet toetree teen werkloosheid

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê alle belanghebbendes in die land moet saamwerk om volhoubare oplossings te bied om werkloosheid onder jongmense te verminder. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer staan nou op 32,7-persent, terwyl 4,7-miljoen jongmense wat kan werk, werkloos bly. In die hooftoespraak by die Nasionale Jeugdag-herdenking in Johannesburg gister, het Ramaphosa beklemtoon dat die privaatsektor ook 'n verantwoordelikheid het om die uitdaging van werkloosheid aan te spreek:
17 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ovaherero-gemeenskap verwerp Hütte se aanmerkings

Professor Mutjinde Katjiua, hoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, sê sy gemeenskap is steeds gekant teen die Namibië-Duitsland Gesamentlike Verklaring oor die volksmoordkwessie, en dring daarop aan dat dit nie aan die VN se standaarde vir herstelbetalings voldoen nie. Dit kom nadat die uitgaande Duitse ambassadeur Thorsten Hütter gesê het…
17 Jun 3AM 1 min

Bok-hulpafrigter sê Barbarians is bedreiging

Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, sê die Barbarians se unieke identiteit en oorvloed van wêreldklas-talent maak van hulle 'n bedreiging wat enige internasionale span kan laat struikel. Die Bokke sal Saterdag in Gqeberha teen die Barbarians uitdraf, wat die All Blacks-legende, TJ Perenara, en die Suid-Afrikaans gebore Skotse vleuel, Duhan van der…
17 Jun 3AM 1 min

Xenofobie gedryf deur politieke en ekonomiese toestande

Kopanong Africa Against Xenophobia waarsku dreigemente en vrees sal nie die immigrasiekrisis oplos nie. Dit word volgens hulle gedryf word deur dieper politieke en ekonomiese toestande in die streek. Dit volg te midde van 'n toename in teen-migrante-betogings en xenofobiese geweld, wat daartoe gelei het dat lande soos Malawi, Nigerië…
17 Jun 2AM 1 min

VN vra vir hulpkorridor deur Hormuz

Die Verenigde Nasies sê daar is ’n dringende behoefte om 'n hulpkorridor te open om deur die geblokkeerde Straat van Hormuz te beweeg en 'n wêreldwye hongerkrisis te voorkom. Dit volg nadat die VSA en Iran ooreengekom het om die Straat, wat ongeveer 20-persent van die wêreld se olie en…
17 Jun 2AM 1 min

NNN reis na Ghana, dan Tanzanië

President Netumbo Nandi-Ndaitwah vertrek vandag na Ghana om deel te neem aan 'n belangrike internasionale konferensie oor herstellende geregtigheid vir die afstammelinge van Afrikane wat as slawe weggevoer is. Daarna sal sy na Tanzanië reis vir 'n staatsbesoek om diplomatieke en ekonomiese samewerking te versterk. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo sê…
17 Jun 1AM 1 min