
Ovaherero-gemeenskap verwerp Hütte se aanmerkings
Loading player...
Professor Mutjinde Katjiua, hoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, sê sy gemeenskap is steeds gekant teen die Namibië-Duitsland Gesamentlike Verklaring oor die volksmoordkwessie, en dring daarop aan dat dit nie aan die VN se standaarde vir herstelbetalings voldoen nie. Dit kom nadat die uitgaande Duitse ambassadeur Thorsten Hütter gesê het dat Duitsland gereed is om om verskoning te vra vir die volksmoord en hy verwag dat die Gesamentlike Verklaring teen die einde van die jaar gefinaliseer sal wees.

