
Amupanda lui alarm oor Swapo se pogings vir voorsitterspos by ECN
Loading player...
AR-leier Job Amupanda sê die land staar 'n ernstige grondwetlike krisis in die gesig oor pogings deur Swapo om 'n voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië sonder 'n behoorlike proses in te stel. Amupanda beweer dat die proses beide die Grondwet en die Kieswet skend. Dit volg op Swapo se goedkeuring van die uitgaande kommissaris Gerson Sindano as die voorkeurkandidaat om die huidige voorsitter Elsie Nghikembua te vervang. Amupanda het in 'n video-plasing op X gepraat.

