
Durban kry spesiale hof vir immigrasie, deportasie
Loading player...
Die Departement van Binnelandse Sake en dié van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ʼn Virtuele Prioriteitshof in Durban gevestig om immigrasie-sake en deportasie-bevele te hanteer. Die eerste operasies van hierdie virtuele platform fokus hoofsaaklik op die sake van meer as een-duisend Malawiese burgers by Sherwoodpark in Durban. Binnelandse Sake se adjunk-direkteur-generaal vir Operasies, Thulani Mavuso, sê sommige Malawiërs het Suid-Afrikaanse immigrasiewette oortree:

