Rwanda sê Afrika moet as geheel migrasie aanspreek

Loading player...
Rwanda se minister van Buitelandse Sake en Internasionale Samewerking, Olivier Nduhungirehe, sê besprekings moet op die onderliggende oorsake van immigrasie fokus, eerder as om die skuld op een land te pak. Dit volg na onlangse betogings teen immigrasie in dele van Suid-Afrika waar spanning oor ongedokumenteerde migrante opgevlam het. Nduhungirehe, wat gister in Pretoria met die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, beraadslaag het, sê dis belangrik dat Afrika as geheel die migrasie-kwessie takel:
18 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakop verdedig amper N$20m se oortyd

Die Swakopmund Munisipaliteit het sy oortyduitgawes verdedig nadat onthul is dat byna 19,9 miljoen Namibiese dollar aan oortyd betaal is gedurende die 2024/25 finansiële jaar. Woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die meeste van die oortyd gekoppel is aan noodsaaklike dienste soos water- en rioolonderhoud, brandbestryding,…
18 Jun 4AM 1 min

Scheffler mik vir loopbaan Grand Slam die week

Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, wat die sewende man sal word wat ʼn loopbaan-Grand Slam voltooi indien hy hierdie week die Amerikaanse Ope wen, sê hy sal dit nie as ʼn mislukking beskou as hy nie wen nie. Die 29-jarige Amerikaner is reeds ʼn viermalige major-kampioen. Hy spog reeds met twee…
18 Jun 4AM 1 min

AfriForum verwelkom Aucamp as landbouminister

AfriForum is optimisties oor die landbousektor ná die DA se voorgestelde kabinetskommeling in die regering van nasionale eenheid, wat Willie Aucamp as die voorgestelde nuwe minister van Landbou insluit. Die organisasie glo die moontlike verandering is 'n positiewe stap om die bek-en-klouseer-krisis, wat swak bestuur is, aan te pak. Lambert…
18 Jun 3AM 1 min

Amerikaanse Fed, met nuwe voorsitter, hou koers onveranderd

Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Kevin Warsh, sê hy stel 'n hervormingsagenda bekend wat sal bepaal hoe die sentrale bank sy monetêre beleid bestuur en kommunikeer. Federale goewerneurs het daarvoor gestem om die belastingkoers vir die vierde opeenvolgende vergadering bestendig te hou met die riglyn-uitleenkoers van tussen 3,5-…
18 Jun 3AM 1 min

Jhb-polisie vind onderneming wat vervalle voedsel weer verpak, en verkoop

Die Johannesburgse Metropolisie het tydens 'n hoë-impak operasie, 'n onwettige onderneming in die middestad ontdek wat voedsel wat verval het, heretiketteer, en ook vermoedelik met gesteelde munisipale kabels handel dryf. Daar word beweer vervaldatums op voedselverpakking word met chemiese stowwe verwyder en met vervalste etikette vervang. Woordvoerder van JMPD, Xolani…
18 Jun 2AM 1 min