
Scheffler mik vir loopbaan Grand Slam die week
Loading player...
Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, wat die sewende man sal word wat ʼn loopbaan-Grand Slam voltooi indien hy hierdie week die Amerikaanse Ope wen, sê hy sal dit nie as ʼn mislukking beskou as hy nie wen nie. Die 29-jarige Amerikaner is reeds ʼn viermalige major-kampioen. Hy spog reeds met twee Meesters-oorwinnings. Scheffler hou vol die loopbaan-Grand Slam was nog nooit ʼn motiverende faktor nie:

