
Swakop verdedig amper N$20m se oortyd
Loading player...
Die Swakopmund Munisipaliteit het sy oortyduitgawes verdedig nadat onthul is dat byna 19,9 miljoen Namibiese dollar aan oortyd betaal is gedurende die 2024/25 finansiële jaar. Woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die meeste van die oortyd gekoppel is aan noodsaaklike dienste soos water- en rioolonderhoud, brandbestryding, verkeerswetstoepassing en openbare gesondheidsbedrywighede. Sy sê noodgevalle en die dorp se besige gebeurteniskalender vereis dikwels dat personeel buite normale ure werk.

