
Kaartbetalings vir Whk-parkering nie binne die wet nie
Loading player...
Oud-finansminister Calle Schlettwein het kommer uitgespreek oor die Stad Windhoek se kontantlose parkeerstelsel en voer aan dat dit teen die Bank van Namibië-wet en die beginsels van finansiële insluiting is. Die stelsel, wat deur die private kontrakteur KeyPlot Investments bedryf word, vereis dat motoriste slegs vir parkering betaal met bankkaarte, KPI-uitgereikte parkeerkaarte of die KPI-mobiele toepassing. Schlettwein sê kontant bly 'n wettige betaalmiddel en verbruikers moet ingevolge die wet ‘n keuse hê.

