In 'n proaktiewe poging om jeugmisdaad en skoolverlating te bekamp, het Swakopmund amptelik die Swakopmund Gemeenskap Tienerseuns-klub geloods. Die mentorskapsinisiatief, wat voorkoming bo reaksie beklemtoon, teiken jong mans wat in gevaar is en wat toenemende sosiale druk in die gesig staar, insluitend dwelmmisbruik en geweld. Swakopmund-kiesafdeling raadslid Victor Maswahu beklemtoon…
Die veeartsenykundige departement in die landbouministerie ondersoek vermeende gevalle van miltsiekte in die Namib-Naukluft Nasionale Park. Dit kom te midde van berigte dat sewe dooie sebras in die gebied rondom Vreemdelingspoort en Sossus Desert Lodge gevind is, met simptome wat moontlik met miltsiekte ooreenstem. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
Reaksie word ontvang op die Amerikaanse Senaat se goedkeuring van 'n tweejaar-verlenging van die African Growth and Opportunity Act, of Agoa, wat belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark vir meer as 1 800 produkte in sekere Afrikalande tot Desember 2028 handhaaf. Terwyl Namibië se handel met Amerika relatief klein bly,…
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hervorming en ekonomiese insluiting is morele en ekonomiese noodsaaklikhede wat sentraal staan tot Suid-Afrika se demokratiese politieke orde. Hy het gister die hoofrede gelewer by die Black Business Council se jaarlikse beraad in Johannesburg. Tau sê die land se ekonomie…
Die inflasiekoers vir Julie het op 4,4 persent ingekom, dieselfde as in Junie maar baie hoër as die 3,5 persent wat in Julie 2025 geregistreer is. Mirjam Shihepo, woordvoerder van die Namibiese Statistiekagentskap, sê kerninflasie het op 3,7 persent gestaan, effens onder die inflasiekoers. Sy het meer oor die sonale…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.